DONATE NOW
 
 
You are here: Home > News & Events > News & Press > News

News



07 March 2016

Klein Alexzander glimlag nou van oor tot oor



Deur Huisgenoot.com op Maart 7, 2016

Die meeste ma’s sien uit na die geboorte van hul kleinding. Die opwinding wat wag en die herinneringe wat saam jou kind gemaak gaan word, lê soos ’n pan goud voor jou, maar dit het vir Ilza Lange in ’n nagmerrie ontaard toe haar 10 maande oue baba seuntjie, Alexzander, met ’n gesplete lip en verhemelte gebore is.

Klein Alexzander maak reg vir sy operasie. Foto: Verskaf

Klein Alexzander maak reg vir sy operasie. Foto: Verskaf

“Toe ek Alexzander vir die eerste keer sien, het ek onmiddellik verlief geraak op hom, maar ek was ook bang vir die soort lewe wat hy sou hê,” sê dié ma van Johannesburg.

“Mense kan wreed wees en ek het geweet ek kan hom nou beskerm, maar dit sou nie altyd die geval wees nie.”

Alexzander en sy ma, Ilza Lange voor sy operasie. Foto: Verskaf

Alexzander en sy ma, Ilza Lange voor sy operasie. Foto: Verskaf

Volgens Operation Smile (OS) is die oorsaak van die toestand nog onbekend, maar tot dusver kan dit toegeskryf word aan omgewings- en genetiese faktore.

Lees ook: ‘Borsmelkskenking kan soveel babas se lewens red,’ sê Sue Duminy

“Die eerste paar dae ná sy geboorte was baie moeilik vir ons,” sê sy.

“Toe ek hom vaste kos begin voer, het dit in sy verhemelte vasgesit en dan het hy gestik aan die kos.

“Dit was van die vreesaanjaendste ervarings en dit het daagliks gebeur.”

Lees ook: Hier is nóg ’n rede waarom jy nie moet drink terwyl jy swanger is nie

Volgens Ilza het Alexzander se toestand haar mettertyd nie meer gepla nie.

“Later sien ’n mens dit nie meer nie en wanneer hy geglimlag het, was dit die beste van alles.”

Volgens die mediese fonds Discovery word die prosedure om ’n gesplete verhemelte te herstel deur jou mediese fonds gedek aangesien dit as ’n geboorte-afwyking beskou word en dit ’n rekonstruktiewe operasie is, pleks van ’n kosmetiese, maar talle gesinne, soos die Lange-gesin, het nie ’n mediese fonds om die koste te dek nie.

Lees ook: Oorlewingswenke vir enkelouers

Ná sy geboorte het Ilza en haar gesin begin navorsing doen oor sy toestand.

“Ons het als nagelees wat ons kon aan sy toestand en hoe ons dit kon hanteer; toe kom ons af op OS.”

Dié organisasie sonder winsoogmerk bied gratis operasies aan behoeftige kinders met ’n gesplete verhemelte en lip. OS dek die koste van die operasie deur geld wat hulle van skenkers kry. Gesinne word gekeur op grond van hul finansiële omstandighede.
Klein Alexzander was een van die gelukkiges wat hierdie driekwartier lange operasie kon kry.

Alexzander glimlag ná sy operasie van oor tot oor. Foto: Verskaf

Alexzander glimlag ná sy operasie van oor tot oor. Foto: Verskaf

“Toe ek hom vir die eerste keer sien ná die operasie, het hy vir my soos die mooiste baba op aarde gelyk. My vrees dat hy nooit sal inpas en ’n normale lewe lei nie, het binne oomblikke verdwyn,” sê Ilza.

 

 

So is die lewe van kinders met ’n gesplete lip en verhemelte

● ’n Baba wat met ’n gesplete verhemelte gebore word, se kans is twee keer groter om voor sy eerste verjaardag te sterf.
● Kinders wat nie die operasie ondergaan nie, het dikwels probleme met asemhaling, eet, drink en praat. Baie ly aan wanvoeding en mediese en psigologiese probleme.
● Baie kinders met ’n gesplete verhemelte en lip ly aan gehoorverlies.
● Die prosedure kos sowat R5 500.

Hoe werk die operasie?

GESPLETE LIP
● ’n Gesplete lip word gewoonlik reggemaak wanneer die baba tussen drie en ses maande oud is.
● Tydens die prosedure heg die dokter die lip sodat die gaping verdwyn.

GESPLETE VERHEMELTE
● Gesplete verhemelte word gewoonlik tussen nege en 12 maande reggemaak.
● Tydens die prosedure maak dokters die gat tussen die verhemelte en die neus toe en verbind die spiere in die sagte verhemelte. 








View all news >>
Compartir    

 

Help Now
Many children are turned away because of a lack of funds. You can change that! Please help us.

DONATE
 
How Your Support Helps
 
 
JOIN OUR COMMUNITY